Bloemfontein, Bloemfontein Rural
**Plaas te Koop – Bloemfontein**
Hierdie besonderse plaas bied die ideale kombinasie van produktiewe landbougrond en rustige plaaslewe.
Die eiendom beskik oor ’n ruim plaashuis wat die volgende insluit:
• 4 Slaapkamers
• 2 Badkamers
• Volledig toegeruste kombuis
• Gerieflike leef- en kuierareas vir die hele gesin
**Verbeteringe op die plaas sluit in:**
• 2 Groot stoorskuure
• 1 Kleiner stoor/shed
• Werkersbehuising
• Goed versorgde plaasinfrastruktuur
Die plaas beskik oor uitstekende watervoorsiening vanaf damme en boorgate wat met sonkragpompe toegerus is. Goeie kwaliteit heinings en betroubare waterbronne maak hierdie plaas uiters geskik vir skaap-, bees- of wildboerdery, met goeie weidingskapasiteit.
Die plaas is ideaal vir gemengde boerdery-aktiwiteite, met ongeveer 100 hektaar droëlandbewerkingsgrond wat verdere produksiepotensiaal bied.
Die weiding is verdeel in 7 funksionele kampe, wat effektiewe bestuurspraktyke moontlik maak.
’n Skaars geleentheid om ’n veelsydige en goed geleë plaas in ’n gewilde boerderygebied naby Bloemfontein te bekom.