**1 035 Ha Plaas te Koop – Slegs 70 km vanaf Kimberley**
Hierdie uitgestrekte 1 035 hektaar plaas bied uitstekende potensiaal vir veeboerdery en is ideaal geleë, slegs 70 km vanaf Kimberley.
Die eiendom beskik oor:
* 7 goed omheinde kampe
* 2 opgaardamme
* 2 sonkragpompe
* Volledig geëlektrifiseerde buiteheining
* Goeie infrastruktuur vir doeltreffende plaasbestuur
* Ideaal vir veeproduksie en ander landbou-aktiwiteite
Met sy praktiese uitleg, betroubare waterinfrastruktuur en veilige omheining bied hierdie plaas 'n uitstekende geleentheid vir boere en beleggers wat op soek is na 'n produktiewe landbou-eiendom in die Jacobsdal-omgewing.